| Chapter 2 |
1 |
Maar spreek jy wat by die gesonde leer pas. -
|
2 |
Die ou manne moet nugter wees, waardig, ingetoë, gesond in die geloof, in die liefde, in die lydsaamheid. -
|
3 |
Die ou vroue moet ook in hulle gedrag wees soos dit die heiliges betaam, geen kwaadspreeksters of aan baie wyn verslaaf nie, maar leraresse van wat goed is, -
|
4 |
sodat hulle die jong vroue kan leer om versigtig te wees, hulle mans en kinders lief te hê, -
|
5 |
ingetoë te wees, kuis, huislik, goed, aan hul eie mans onderdanig, sodat die woord van God nie belaster word nie. -
|
6 |
Vermaan die jong manne net so om ingetoë te wees. -
|
7 |
Betoon jou in alles 'n voorbeeld van goeie werke, met onvervalstheid in die leer, waardigheid, opregtheid. -
|
8 |
Laat die woord gesond en onweerspreeklik wees, sodat die teëstanders beskaam kan word en niks slegs kan hê om van julle te sê nie. -
|
9 |
Die diensknegte moet onderdanig wees aan hul eie here, hulle in alles behaag en nie teëpraat nie; -
|
10 |
hulle moet niks ontvreemd nie, maar alle goeie trou betoon, sodat hulle die leer van God, ons Verlosser, in alles kan versier. -
|
11 |
Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn -
|
12 |
en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, -
|
13 |
terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, -
|
14 |
wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself 'n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke. -
|
15 |
Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle erns. Laat niemand jou verag nie. -
|