| Chapter 24 |
1 |
'n Psalm van Dawid. Die aarde behoort aan die HERE en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon; -
|
2 |
want Hy het dit gegrond op die seë en dit vasgestel op die strome. -
|
3 |
Wie mag klim op die berg van die HERE? En wie mag staan in sy heilige plek? -
|
4 |
Hy wat rein van hande en suiwer van hart is, wat sy siel nie ophef tot nietigheid en nie vals sweer nie. -
|
5 |
Hy sal seën wegdra van die HERE en geregtigheid van die God van sy heil. -
|
6 |
Dit is die geslag van hulle wat na Hom vra, wat u aangesig soek -- dit is Jakob. Sela. -
|
7 |
Hef op julle hoofde, o poorte, ja, verhef julle, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan! -
|
8 |
Wie is tog die Erekoning? Die HERE, sterk en geweldig, die HERE geweldig in die stryd. -
|
9 |
Hef op julle hoofde, o poorte, ja, hef op, ewige deure, dat die Erekoning kan ingaan! -
|
10 |
Wie is dan tog die Erekoning? Die HERE van die leërskare -- Hy is die Erekoning! Sela. -
|