| Chapter 10 |
1 |
Die spreuke van Salomo. 'n Wyse seun verbly die vader, maar 'n dwase seun is 'n bekommernis vir sy moeder. -
|
2 |
Skatte deur goddeloosheid verwerf, bring geen voordeel nie, maar geregtigheid red van die dood. -
|
3 |
Die HERE laat die regverdige nie honger ly nie, maar die begeerlikheid van die goddelose stoot Hy weg. -
|
4 |
Hy word arm wat met 'n trae hand werk, maar die hand van die vlytiges maak ryk. -
|
5 |
Hy wat in die somer wegbêre, is 'n verstandige seun; hy wat vas slaap in die oestyd, is 'n seun wat skande maak. -
|
6 |
Seëninge is daar op die hoof van die regverdige, maar die mond van die goddelose verberg geweld. -
|
7 |
Die nagedagtenis van die regverdige is tot seën, maar die naam van die goddelose vergaan. -
|
8 |
Hy wat wys van hart is, neem die gebooie aan, maar hy wat dwaas van lippe is, kom tot 'n val. -
|
9 |
Hy wat in opregtheid wandel, wandel veilig, maar hy wat sy weë krom maak, word bekend. -
|
10 |
Hy wat met sy oog knip, veroorsaak smart, en hy wat dwaas spreek, kom tot 'n val. -
|
11 |
Die mond van die regverdige is 'n fontein van lewe, maar die mond van die goddelose verberg geweld. -
|
12 |
Haat verwek twiste, maar liefde bedek al die oortredinge. -
|
13 |
Op die lippe van die verstandige word wysheid gevind, maar die roede is vir die rug van die verstandelose. -
|
14 |
Die wyse lê kennis weg, maar die mond van die dwaas is 'n ondergang wat naby is. -
|
15 |
Die goed van die ryke is vir hom 'n sterk stad; die ondergang van die behoeftiges is hulle armoede. -
|
16 |
Wat die regverdige verwerf, is vir die lewe; die inkomste van die goddelose is tot sonde. -
|
17 |
'n Pad ten lewe is hy wat die tug in ag neem; maar hy wat die teregwysing veronagsaam, raak verdwaald. -
|
18 |
Hy wat haat verberg, het valse lippe; en hy wat skindertaal uitstrooi, is 'n dwaas. -
|
19 |
By veelheid van woorde ontbreek die oortreding nie; maar hy wat sy lippe inhou, handel verstandig. -
|
20 |
Die tong van die regverdige is uitgesoekte silwer; die hart van die goddelose is min werd. -
|
21 |
Die lippe van die regverdige help baie mense reg; maar die dwase sterf deur gebrek aan verstand. -
|
22 |
Die seën van die HERE -- dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie. -
|
23 |
Dit is 'n vermaak vir 'n dwaas om 'n skandelike daad te doen, net so is wysheid vir 'n man van verstand. -
|
24 |
Waar die goddelose bang voor is -- dit kom oor hom; maar die begeerte van die regverdiges vervul Hy. -
|
25 |
Wanneer 'n stormwind verbygaan, is die goddelose nie meer nie; maar die regverdige is vir ewig gegrondves. -
|
26 |
Soos asyn vir die tande en soos rook vir die oë, so is die luiaard vir die wat hom stuur. -
|
27 |
Die vrees van die HERE vermeerder die dae, maar die jare van die goddelose word verkort. -
|
28 |
Die verwagting van die regverdiges is vreugde, maar die hoop van die goddelose vergaan. -
|
29 |
Die weg van die HERE is vir die opregte 'n vesting, maar 'n ondergang vir die werkers van ongeregtigheid. -
|
30 |
Die regverdige sal vir ewig nie wankel nie, maar die goddelose sal in die land nie bly woon nie. -
|
31 |
Die mond van die regverdige laat wysheid uitspruit, maar die valse tong word uitgeroei. -
|
32 |
Die lippe van die regverdige weet wat welgevallig is, maar die mond van die goddelose is pure valsheid. -
|